wduplessisW

ynand is in 1955 gebore en het op ʼn plaas net buite Bloemfontein grootgeword.  Vir sy hele laerskool loopbaan was hy in ʼn plaasskool in die omgewing.  In standerd ses is Wynand na Jim Fouché Hoërskool in Bloemfontein.  Na skool gaan werk hy as ʼn leerlingrekenmeester by ʼn Ouditeursfirma en studeer deeltyds aan die Universiteit van die Vrystaat.  Nadat hy sy B.Com-graad verwerf het, is hy twee jaar weermag toe.  Toe hy daar terugkom het hy vir Anglo American in Welkom gewerk en kwalifiseer in 1983 as ʼn Geoktrooieerde Rekenmeester en behaal sy B.Com Hons-graad.  In 1987 is hy na sy eie privaat praktyk waar hy vir 24 jaar gepraktiseer het as n ouditeur. Sedert 2010 het hy 'n firma wat boedelbeplaning, boedelberedering, finansiele advies en testamente doen.   

Voëlsprofilebirds

Op die plaas het hy al voëls aangehou, meestal vinkies, sysies en duifies wat hy op die plaas gevang het.  As gevolg van omstandighede soos spasie, werksdruk, ens. kon hy nie altyd voëls aanhou nie.  In Welkom het hy later in die tuin ʼn groot hok met ʼn gemengde versameling vinke, duifies en ander kleiner voëls aangehou.  Die hok is later onderverdeel en in 1996 het hy papegaaie begin aanhou.  Sedertdien het hy elke stukkie van die agterplaas gebruik om hokke op te bou.  Op die oomblik bestaan Wynand se versameling uit Ringnekke, Australiese parkiete soos Barnards, Port Lincoln’s, Pennant’s, Goue Mantels en Stanley’s.  Verder het hy ook Lovebirds Pruimkoppe, Galahs, Yellow-naped Macaws, Black-headed en White-bellied Caiques sowel as Amazones.


voels3Wynand se grootste belangstelling lê egter by die mutasies.  Dit is waarom hy baie van Ringnekke, Pruimkoppe, Rosella’s en Lovebirds hou.  Sy sukses met Opaline Ringnekke het net sy belangstelling in mutasies versterk.

Wynand hou nie African Greys of enige ander papegaaie wat met die hand grootgemaak word aan nie, omdat hy nie die fasiliteite of die tyd daarvoor het nie. Alle voels wat hy broei word deur die ouers self grootgemaak. Sy broeisel word gewoonlik klinies geseks en gemerk.

Hok higiene is vir Wynand baie belangrik en hokke, kosbakke en waterbakke word gereeld skoongemaak en ontsmet.

Die voeding bestaan hoofsaaklik uit gemikroniseerde grane van Avi-Plus.  voels4Vitamine, minerale en proteïen aanvulling word reeds in die fabriek bygevoeg wat voeding baie vereenvoudig.  Hierby word gekerfde groente gevoeg.  Die voëls kry ook fynsaad en ʼn beperkte hoeveelheid sonneblom.


PVSA

Wynand dien van 2001 tot 2017 op die Uitvoerende Komitee van die Papegaaitelersvereniging van Suidelike Afrika (PVSA) en as ondervoorsitter vanaf 2004 tot 2016.

Onder voorsitterskap van Wynand is die Veilingskoördinerings Komitee gedurende 2003 op die been gebring waarvan hy die Voorsitter was tot 2017.  Die Veilingskomitee koordineer al die veilings wat in samewerking met die PVSA gehou word.  Daar word seker gemaak dat veilings datums nie bots nie.  Standaarde word ook daar gestel sodat net goeie gesonde voëls op veilings aangebied word.